Busgelde
BUSSKEMA VIR DAGSKOLIERE
'n Groot aantal leerlinge maak daagliks van busvervoer gebruik om die skool by te woon. 'n Veilige, goeie en getroue diens word aan die leerlinge gelewer.
Huidig is daar twee busroetes wat leerlinge daagliks vanaf Evander, Secunda en Trichardt na die skool en terug vervoer. Vir die dagskoliere woonagtig in Bethal, is daar ook 'n busroete.
Bussubsidie wat volgens die ouer se inkomste bereken word, word aan ouers toegeken wat daarvoor kwalifiseer. Volledige inligting met betrekking tot die verskillende tariewe, bussubsidie en -roetes is by die skool beskikbaar.
BUSSKEMAS VIR KOSHUISLEERLINGE
Koshuisleerlinge kan van die volgende privaatkontrakteurs se dienste gebruik maak om naweke by die huis te
kom:
Tilly's busdiens vervoer leerlinge vanaf Ermelo na Piet Retief tot in
Pongola.
Kontakpersone: Johan Bal - tel. no. 034 4131340.
Boetie Tilly - tel. no. 083 2727049.
Jim van Tonder Opvoedkundige Maatskappy vervoer leerlinge vanaf Bethal tot in
Ermelo.
Kontak: 017 6475987 of 017 6472606.
Al die bogenoemde busse vertrek elke Vrydagmiddag vanaf die koshuis en besorg leerlinge weer Sondagaand
terug. Die skool sluit Vrydagmiddae om 11:50 omdat sommige van ons leerlinge so ver met die busse moet
ry.
Die gebruik van hierdie skemas moet deur u self gereël word en meer inligting in verband met tariewe en vertrektye in die verskillende dorpe kan by die kontrakteur self verkry word.