|
|
|
Hierdie webruimte is as bekendstellingsdokument daargestel om meer inligting aangaande spesiale onderwys en in besonder Jim van Tonderskool, aan u te verskaf. Skoolhoof: Mnr J.J.S. du Plessis
Gebalanseerd: Ons sien 'n onafhanklike, positiewe persoon met vaste beginsels , normes en waardes wat emosioneel en fisies ryp en sterk is met 'n goeie selfbeeld, selfvertroue en gedissiplineerdheid t.o.v. hulle skolastiese, praktiese, kulturele en sport agtergrond. Individu: Unieke persoon waar ons diversiteit erken t.o.v. taal, kultuur en geloofsoortuiging. Respek vir elke persoon en persoonlikheidsverskille akkommodeer. Toekoms: Universele samelewing. ONS GLO ONS KAN
Jim van Tonderskool streef na: - die totale ontwikkeling van elke individu volgens sy/haar potensiaal, - kwaliteit praktiese opleiding en akademiese onderrig, - vaslegging van hoë normes en waardes en - die skep van 'n werksetiek waarop almal trots is,
Ons is 'n skool met 'n trotse tradisie wat vele leerlinge gesmee het om nie net hul plek in die samelewing vol te staan nie, maar ook 'n pligsgetroue en harde werkers te wees. Solank as die behoefte
bestaan om hulp te verleen aan kinders met leerprobleme, so lank sal Jim van Tonderskool hierdie behoefte aanspreek. |
|
Kontakbesonderhede/Contact details: Adres: Jim van Tonderskool
Tel: 017 647 5987 Privaatsak X1007
Epos:
jimvantonderskool@worldonline.co.za
|