KULTUUR
Kultuuraktiwiteite is van groot opvoedkundige waarde vir ons leerders en ontwikkel 'n positiewe selfbeeld en selfvertroue wat van die grootste belang is in die proses van volwassewording.
Ons bied leerders met 'n verskeidenheid kulturele agtergrond die geleentheid om hul kultuurerfenis te leer ken en uit te bou.
Op kulturele gebied bied die skool die volgende aan:
Koor
Die skool beskik oor 'n formele koor wat jaarliks optree by kultuurfeeste, kunswedstryde, sowel as Spesiale Skole Koorfeeste. 'n Besonder hoë standaard word gehandhaaf. Alle leerders word individueel getoets, waarna 'n koor van nagenoeg 30 lede saamgestel word.
Kunswedstryd
Daar word jaarliks deelgeneem aan die Spesiale Skole Kunswedstryd. So veel as moontlik leerders word ingeskryf vir groep- sowel as individuele items, bv. poësie, solosang, sanggroepe en koor. Groot welslae word jaarliks behaal.
VCSV
Die Verenigde Christen-Studentevereniging is 'n tweetalige aktiwiteit waarby christenleerders vrywillig inskakel. Die VCSV vergader weekliks en daar word onder andere Bybelstudie aangebied, speletjies gespeel, gassprekers bespreek aktuele vraagstukke of uitstappies en sangaande word gereël. Op hierdie wyse kan leerders hul christenskap uitleef.
Aartappelfees
Deelname hieraan lei leerders tot deelname aan en betrokkenheid by aktiwiteite wat deur die gemeenskap aangebied word.
Leerders van alle grade word die geleentheid gebied om in te skryf vir die Kinderkuns-kompetisie in die Handvlyte-afdeling. Ons leerders ontvang gereeld kontantpryse vir hul inskrywings.
SOSIAAL
SOKKIES
Daar word gereeld sokkies by die koshuis vir die leerlinge gereël. Hier kan hulle onder toesig van die personeel die sokkie geniet. Daar word ook aan die einde van die derde kwartaal 'n deurnagsokkie vir ons leerlinge gereël waar hulle reg deur die nag sokkie, vleisbraai en speletjies speel.
SKOOLVERLATERSFUNKSIE
Daar word jaarliks 'n skoolverlatersfunksie gereël vir ons leerlinge wat aan die einde van die jaar die skool verlaat. Dit is die hoogtepunt van hulle skoolloopbaan en daarom word 'n uithalerfunksie vir hulle beplan.
VERTEENWOORDIGENDE
LEERLINGRAADSKAMP
Ons toekomstige skool- en koshuisleiers word jaarliks op 'n leierkamp geneem waartydens hulle die geleentheid kry om in hul onderskeie spanne sekere probleme te bespreek en op te
los.