Onderrig

Home
Administrasie/Algemeen
Belangrike Datums
Busse
Kultuur en Sosiaal
Onderrig
Prestasies
Spesiale Onderwys
Sport
Jim van Tonder/Oppiebult
Downloads

 

SKOLASTIESE VAKKE

Daar word gepoog om elke leerling se moontlikhede optimaal te ontwikkel.
Die volgende vakke word aangebied:

bullet

Huistaal

bullet

Addisionele Taal

bullet

Wiskunde

bullet

Lewensoriëntering

bullet

Natuurwetenskappe

bullet

Ekonomiese Bestuurswetenskappe

bullet

Kuns en Kultuur    

 

DOGTERS PRAKTIESE VAKKE

Daar word gepoog om elke leerling so toe te rus dat hy / sy hul plek volwaardig sal kan volstaan in die gemeenskap.

 

Praktiese vakke wat aangebied word:

bullet

Oriëntering 1 sentrum

bullet

Naaldwerk

bullet

Haarkappery

bullet

Gasvryheidstudie

Samestelling van die kursus

Oriëntering 1                                                                                                                                                  

Orientering 1 sentrum en Naaldwerk / Needlework

Oriëntering 2 & Graad / Grade 8 - 10                                                                                                        

Haarkappery / Hairdressing  en Gasvryheidstudie / Hospitality studies

 

SEUNS PRAKTIESE VAKKE

Die skool beskik oor 'n goed toegeruste praktiese afdeling waar die leerlinge hulle ideale kan uitleef, en sy vermoëns tot volle potensiaal kan ontwikkel.

Praktiese vakke wat aangebied word:

bullet

Sweiswerk

bullet

Meganiese Herstelwerk

bullet

Houtbewerking

bullet

Loodgieterswerk

bullet

Onderhoudsentrum

 

ORIëNTERING 1

Nuwe leerlinge vanaf die laerskole begin met 'n oriënteringfase vir die eerste jaar wat houtwerk en plaatmetaalwerk insluit. Die klem word gelê op handvaardigheid en veiligheid gedurende die jaar.

 

ORIëNTERING 2

Gedurende die leerling se tweede jaar wissel hy deur al die werkswinkels sodat hy vertroud kan raak met al die verskillende praktiese vakke wat aangebied word.

Aan die einde van die tweede jaar moet die leerling 'n rigting kies waarin hy die volgende drie jaar opleiding sal ontvang.

 

Graad 8 - 10

Die leerlinge kies een van die praktiese vakke aangebied en ontvang dan 3 jaar opleiding in die spesifieke rigting.

 

Rekenaargeletterdheid word aan al ons Gr. 8 - 10 leerlinge aangebied, waar hulle basiese vaardighede aanleer om die rekenaar selfstandig te kan gebruik.

 

Kontakbesonderhede/Contact details:

                                                Adres: Jim van Tonderskool                                             Tel:    017 647 5987
                                                           H/v Festenstein & Stutterheimstrate                      Faks:  017 647 5988
                                                           BETHAL                                                             

                                                          Privaatsak X1007
                                                           BETHAL, 2310

                                                Epos:  jimvantonderskool@worldonline.co.za
                                               
URL:   http://www.jimvantonder.co.za