Sport word beskou as 'n belangrike opvoedingsmiddel in die vorming van 'n seun of 'n dogter.  Sport word by ons beoefen op 'n mededingende grondslag maar ook vir blote ontspanning.  Almal word sover as moontlik aangemoedig om aan 'n sportsoort deel te neem, want dit werk mee tot verbeterde menseverhoudinge, dissipline, en uithouvermoŽ.

U as ouer word vriendelik versoek om u kind te motiveer tot deelname en ook om hom of haar by 'n byeenkoms te kom ondersteun.

 

ATLETIEK
Die jaar begin met massasport waar almal deelneem.  'n Atletiekspan word nou gekies om vriendskaplik teen ander spesiale skole deel te neem.

Met interspesialeale skole dag word verskeie leerlinge op grond van kwalifiserende tye en afstande gekies vir die Mpumalanga Spesiale Skole Atletiekspan om deel te neem aan die jaarlikse landswye S.A. Spesiale Skole Atletiekbyeenkoms.

Verskeie van ons atlete het al hier medaljes gewen.

Landloopatlete ding in die vierde kwartaal teen ander spesiale skole mee.  Goeie prestasies word gereeld behaal en ook hier kan provinsiale kleure verwerf word.

RUGBY
Ons ding teen  vier ander spesiale skole in die Mpumalanga liga mee - vanaf 'n O/13 span tot die eerste span.  Elke jaar is daar spanne wat in die liga wen en daarna met spesiale skoolspanne uit ander streke meeding, die wenspan gaan dan deur na die Noordvaalkompetisie. Indien 'n span dan daar wen word hulle Noordvaal Rugby Vereniging wenners.

Verskeie van ons seuns word jaarliks verkies vir die Mpumalanga Spesiale Skole span en ding dan op die Spesiale skole Cravenweek teen ander provinsiale spanne mee. Die week word elke jaar deur 'n ander provinsie aangebied.

NETBAL
Die dogters speel netbal op dieselfde basis as wat die seuns rugby speel. 

Spanne wat deurdring in die Mpumalanga liga, speel finale wedstryde in die kampioenskappe - hier het ons ook al verskeie wenners gehad.

Dogters word gekies vir die Mpumalanga Spesiale Skole span.  Hulle neem jaarliks aan 'n landswye kompetisie deel.

KRIEKET
Derde kwartaal is kriekettyd.  Die sport geniet groot aanhang by ons kinders.  Ons spanne presteer baie goed in die Mpumalanga sirkel. 

Verskeie van ons seuns word jaarliks verkies vir die Mpumalanga Spesiale Skole span en ding dan op die Spesiale skole krieketweek teen ander provinsiale spanne mee. Die week word elke jaar deur 'n ander provinsie aangebied.

SOKKER
Gedurende die vierde kwartaal word daar ook aan 'n sokker liga deelgeneem.  Alle skole in Mpumalanga neem deel en die wenner van die liga kom dan te staan teen wenners van ander streke.

AKTIWITEITE
Sport word beskou as 'n belangrike opvoedingsmiddel in die vorming van 'n seun of 'n dogter. Sport word by ons beoefen op 'n mededingende grondslag maar ook vir blote ontspanning. Almal word sover as moontlik aangemoedig om aan 'n sportsoort deel te neem want dit werk mee tot verbeterde menseverhoudinge, dissipline, en uithouvermoŽ.
te kom ondersteun.